top of page
Things our clients had to say..

Hallo Steve,

 

Ek wil net vir jou en jou werknemers bedank vir die tyd wat jy ons makelaar is. Eerstens tree jou personeel altyd profesioneel op en is hulle altyd vriendelik en hulpvaardig. As ons jou nodig gehad het was jy altyd daar om ons van raad te voorsien en het seer sekerlik net altyd die beste produkte aanbeveel. Tydens Alta se moeilike tyd met die diagnose van kanker het jy ons bygestaan en gereël vir dit wat daarmee gepaard gaan.

 

Wees verseker dat ons dit waardeer en jy is al soos 'n vriend in ons huis.

 

Mag Amucus net verder van krag tot krag gaan.

 

Groete, Manus van Heerden

Graag bevestig ek dat Steve en Roberta Rosouw  van  Amucus Makelaars reeds vir die afgelope 15 jaar aan my bekend is, beide in 'n persoonlike sowel as in professionele hoedanigheid.

 

Steve is dan ook my persoonlike makelaar en ek het nog nooit getwyfel  oor aanbevelings oor hoe ek my persoonlike portfolio moet struktureer en bestuur nie.

 

Ek kan enige persoon onvoorwaardelik aanbeveel om met Amucus besigheid te doen met die wete dat die persoon slegs die beste diens sal kry wat die mark kan bied.

 

Abrie Burger

x Generaal Majoor SAPD

Amucus,

 

Ek kan met die grootste waardering getuig dat hulle absoluut professioneel en baie menslik en hulpvaardig optree te alle tye. Hulle is al vir omtrent 15 jaar my Makelaars en ek kan getuig dat ek altyd flinke optrede en terugvoer kry op enige situasie rakende hul gebied.

 

Ek het nog altyd goeie raad, leiding en vergelyking van moontlikhede by hulle gekry. Nooit het ek ervaar dat die raad wat hul gee vir hul eie gewin is soos ek voorheen van ander makelaars ervaar het. Hulle is ook baie ondersteunend in moeilike situasies.

 

Ek kan hul met ‘n oop gemoed aanbeveel as die beste wat ek nog mee gedeel het.

 

E. Diedericks

Amucus Makelaars, en in besonder Steve Rossouw, was deur al die jare ‘n vergestalting van rotsvaste diens en betroubare leiding. 

 

Amucus Makelaars bied altyd méér as wat jy verwag en ek beveel hulle sonder huiwering aan by enige voornemende kliënt. 

 

Dr Gerhard Coetze

I have been a client of Amucus for the last 10 years, and I have found the service from Amucus nothing short of superb.  They look after my estate, tax returns, my short-term insurance and long term assurance needs and they have ensured that I adequately plan for my retirement.  Due to sound investment advice that I have received from Amucus over the years, and planning towards my goal of retiring in my forties, this has been achieved.  I have recommended Amucus to several of my friends and family members, as their professional and ethical attitude towards ensuring that the best policies are in place to cater for my needs will benefit all of them when they heed to the financial advice rendered.  Amucus has become a partner to me in wealth planning and in ensuring that financially I have received the best possible advice.  Try them today!

 

George Allen

Contact Us

Download a map to our office

AMUCUS Brokers / Makelaars​

​
Tel: 012 543 8999
Fax: 012 543 3744
Postal Address​​​​​​: PO Box 15663​, Sinoville, 0129

Where you can find us: 301 Sparaxis street, Sinoville, 0182

GPS Coordinates: S 25Ëš40’37’’  E 28Ëš13’36’’

 

© 2013 by BERI CREATIVE

bottom of page